
Johan & Minette
Saterdag
6 Maart 2027
Kampala Farm
Bonnievale
ShepherdSeremonie
6 Maart 2027
15:30h
n Uitnodiging uit die hart.
Jy is met liefde en uit die hart gekies om hierdie besonderse dag saam met ons te vier. Jou teenwoordigheid beteken ongelooflik baie vir ons, en ons sien daarna uit om saam te lag , herinneringe te maak en die begin van ons nuwe hoofstuk te vier
Dankie dat jy deel is van ons storie!!
Ons Storie
Sommige liefdesverhale begin met liefde met die eerste oogopslag. Ons s'n het begin by 'n kroegopening in die hartjie van die Karoo, in Sutherland, op 30 Oktober 2021.
Johan en sy neefs was die barmanne vir die aand, en tussen die mense, die musiek en die gees van die Karoo het iets onverwags gebeur. Ek onthou hoe ek daardie aand vir my ma gesê het: "Ek het 'n probleem. Ek het 'n kêrel, maar ek dink ek het pas my trouman ontmoet."
Destyds het ek nie geweet hoe ons storie sou ontvou nie. Ek het net geweet daar is iets besonders aan hierdie man.En toe begin die wagtyd.
Vir byna 'n jaar was daar net DM's, nuuskierigheid en 'n stille verwondering oor die man wat my hart onverwags laat vinniger klop het. Ek het gehoop ons paaie sou weer kruis, sonder om te weet wanneer of hoe.
Toe, op 8 Augustus 2022, na 'n lang dag van gholf speel en waarskynlik 'n verversing of twee (soos almal vir Johan ken), sien hy op sosiale media dat ek in Stellenbosch is by De Lapa en daar het ons weer ontmoet.Van daar af het ding stadig begin ontwikkel.



Wel, stadig is dalk die regte woord. Johan het immers nog agt maande geneem voordat hy my uiteindelik op 'n afspraak gevra het. Maar diep binne my het ek reeds geweet: dit is my man.
Op 6 April 2023 het hy uiteindelik die vraag gevra.en my eerste vraag was wat se my pa
Ek het nog altyd geweet ek sou nie ja se as hy nie my pa se seen gevra het nie maar gelukkig het hy daai groot stap geneem ek het wel Later uitgevind dat Johan my pa se toestemming gevra het voordat hy my sy meisie gemaak het. My pa se antwoord was glo: "Uitvra waartoe?" Gelukkig het Johan nie afgeskrik nie.
In Maart 2025 het ons saam met my pa en tannie Lizelle na Zambia gereis. Op die laaste oggend van die reis, langs die asemrowende Luangwa-rivier met die bosveld wat wakker word om ons, het Johan die groot vraag aan my pa gevra. Sy plan was eenvoudig: vra op die laaste dag, want as die antwoord nee is, is die volgende vlug huis toe darem naby. Gelukkig was die antwoord 'n groot ja. Hoe kon dit anders wees met so 'n perfekte toneel in die hart van Afrika?
Toe kom 6 Desember 2025.
Zanel en Handro het ons genooi vir 'n safari-uitstappie by Aquila. Wat ek nie geweet het nie, was dat alles deel van Johan se meesterplan was. Ek was natuurlik heeltemal gefokus op die diere, terwyl Johan se knieë waarskynlik meer gebewe het as enige wild wat ons daardie dag gesien het.
Toe ons by 'n pragtige piekniekplek stop, het ek steeds niks vermoed nie. Ek was reeds besig om die sjampanje reg te kry toe Johan besluit sy planne lyk anders.
Hy het op een knie afgesak, my in die oë gekyk en gesê:
"Ek kan my lewe nie sonder jou indink nie."
En dit was my maklikste ja ooit.
n Ja vir die man wat my hart in Sutherland gevang het.
'n Ja vir die man wat geduldig gewag het op die regte tyd.
'n Ja vir die avontuur wat ons saam bou.
En net daar, tussen die natuur, die stilte en die liefde wat al jare besig was om sy eie storie te skryf, het ons "vir altyd" begin.
As ons terugkyk, besef ons dat die mooiste dele van ons storie nooit die groot oomblikke was nie, maar die hand van God wat stilweg deur elke hoofstuk gewerk het. Deur wagtye, onsekerhede, afstand en die klein wonderwerke tussenin, het Hy ons na mekaar gelei. Wat eendag net 'n hoop en 'n gebed was, staan vandag voor ons as 'n werklikheid.
En wanneer ons nou na mekaar kyk, sien ons nie net die liefde van ons lewe nie, maar ook elke pad wat ons moes stap om hier te kom. Elke oomblik was die wag werd. Elke draai in die pad het ons nader aan hierdie dag gebring.
Nou begin ons nie net 'n nuwe hoofstuk nie — ons begin 'n leeftyd saam. En daarvoor sal ons altyd dankbaar wees.
Die Gevolg

Handro Griesel

Wihan Kitshoff

Zanel Griessel

Berita Gerber

Jean Janse van Rensburg

Renaldo Matthee

Kyla Janse van Rensburg

Anne-mart Ben

Danie Blom

Jurian Kitshoff

Lizmarie Botha

